Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player
Javascript error before this line

 

small 4ab9b

Radio Overberg Blog

Agri Kultuur: Mei uitgawe

Agri Kultuur: Mei uitgawe

Agri Kultuur, jou tydskrif vir die landbou en verwante leefstyl is hierdie maand volgepak met die varsste inligting, nuus, raad, wenke en idees en wag nou gratis op jou by www.agrikultuur.co.za

In die nuutste uitgawe bespreek kenners die moontlike oplossings wat hidroponika, akwaponika, bewaringsboerdery, biotegnologie, biobemesting en soortgelyke praktyke bied ten einde die uitdagings van voedselsekerheid die hoof te bied.

Vir die suiwelboer verskaf ons hierdie maand omvattende bydraes oor suiwelbees voeding en Melkkoors by koeie.

Ons neem opleidings- en beroepsgeleenthede in die landbou in oënskou, ondersoek die lekkerte van Jeugskou, woel in die tuin, rus jou gastehuis toe en kook met seekos.

Kom skryf in vir ons kompetisie en wen ‘n nuttige geskenkpak.

Lees sommer lekker saam en verbreed jou kennis en insig met Agri Kultuur, nou beskikbaar op www.agrikultuur.co.za