Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player
Javascript error before this line

 

small 4ab9b

Radio Overberg Blog

Kortpad Noord - Met Motorfietse van die Kaap tot in Kairo

Kortpad Noord - Met Motorfietse van die Kaap tot in Kairo

Vier ervare motofietsryers gaan vanaf Kaap Agulhas tot in Kairo ry. Die groep trek weg op 1 September 2015 vanaf Kaap Agulhas en beplan om Kairo te bereik so teen einde November 2015. Die beplande roete dek beide teer- en grondpaaie, en die groep sal van die meer onbekende streke en paaie verken in Afrika. Africa Uncut cc is die ekspidisie bestuurders en hulle help met die beplanning en koordineering van die reis.

Die groep wil graag meer betekenis gee aan hulle reis en ry dus ten bate van die J9 Stigting. Die J9 Stigting is gestig deur rugby legende, Joost vand der Westhuizen, om mense bewus te maak van Motor Neuron Siekte. Fondse wat ingesamel word deur J9 word aangewend om lyers van die siekte, asook hulle families, finansieel en emosioneel te ondersteun en ook om Navorsing oor die siekte te finansier. Een van die grootste struikelblokke is die gebrekkige kennis oor die siekte. Hierdie tekort aan kennis strek van die algemene publiek tot selfs mediese dokters en verpleeg personeel. Navorsing oor MND is baie moeilik aangesien die siekte dikwels nie gediagnoseer word nie, en min statistiek daaroor bekend is.   Dit word selfs verskillend benaam in verskillede dele van die wereld. Hierdie is die eerste stigting van sy soort in Suid Afrika.   Indien meer gevalle gediagnoseer en aangemeld kan word, sal dit makliker wees om navorsing te doen oor die simptome, oorsake en verloop van die siekte. Kortpad Noord ondersteun die J9 Stigting deur te help met bewusmaking en fondsinsameling. Om R30 aan die J9 Stigting te skenk, sms “kortpad” na 42305.

Ons weet almal dat die gewone beproefde roetes jou vinnig by jou bestemming kry, maar ons weet ook almal dat die “ANDER ROETE” altyd meer interessant en opwindend is. Dit is ook hoe die Korpad naam tot stand gekom het. Die enigste manier hoe Edrique, een van die ryers, gewoonlik sy groep kan oortuig om die “ANDER ROETE” te neem is om te se - ek ken ‘n “KORTPAD!” Die kortpad neem gewoonlik dubbel so lank maar is baie interresanter en opwindender! Kortpad is dus ‘n manier om te se ons gaan waarskynlik nie die gewilde of beproefde pad ry nie, maar ‘n baie interessanter pad! Die Kortpad span se leuse is ook: Dit is die reis wat belangrik is en nie die eindbestemming nie.  Die beginsel kan ook geintegreer word met die bewusmaking – al doen mens goeie beplanning kan die lewe jou dikwels op ander paaie rowwer paaie vat.

Baie Dankie aan ons sponsors wat help om die reis moontlik te maak.

  • BMW Zambesi Motorrad
  • LekkerFM
  • Woema
  • GoGravel
  • Milly’s Bike Transport
  • Continental
  • Travelling Tortoise
  • Azimuth Surveys

@Kortpadnoord

https://www.facebook.com/kortpad