Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player
Javascript error before this line

 

small 4ab9b

Radio Overberg Blog

Red ons vleilande – die uurglas loop leeg

Red ons vleilande – die uurglas loop leeg

Verbeel jou jy staan in die veld naby ’n waterpoel. Rondom jou sien jy grasse, riete en waterlelies. Jy hoor paddas kwaak en voëls wat tjirp. In die water swem eende en bleshoenders. ’n Reier loop in die vlak water op soek na ’n vis vir middagete en ’n paar naaldekokers vlieg by jou verby.

Jy het nou net ’n prentjie van vleilande in jou gedagtes geteken.

Ongelukkig is ons wêreld en ook Suid-Afrika se vleilande nie baie gesond nie. Gelukkig het mense al lankal besef daar moet iets gedoen word om die wêreld se vleilande te red. Jaarliks word interna­sionale vleiland-dag op 2 Februarie gevier. Dit is ’n dag waarop bewaringsorganisasies oor die hele wêreld heen mense meer bewus probeer maak van vleilande en die bewaring daarvan.

Alles het in 1971 begin toe lande in die klein dorpie Ramsar in Iran vergader het. Groot planne is toe vir vleiland-bewaring gemaak, en daar is gekyk na al die gevare wat die wêreld se vleilande bedreig.

Suid-Afrika het toe die Ramsar-konvensie onderteken en het nou self 16 Ramsar-gebiede. Van hulle is die De Mond-staatsbos en De Hoop, Langebaan en Verlorenvlei in die Wes-Kaap.

Johan Rothmann, reisverslaggewer, het op 4 Februarie op Radio Overberg met Letty-Ann gesels oor sy vleilande projek. Hy is baie beindruk met die wyse waarop die Ramsar-gebiede in die Overberg bestuur word. Hy noem dat Valsbaai intussen (3 Feb 2015) ook tot Ramsar-gebied verklaar is.