Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player
Javascript error before this line

 

small 4ab9b

Radio Overberg Blog

BRENDAN PEYPER FEITLIK OORNAG 'N SENSASIE!

bren 8a02a

  • EERSTE AFRIKAANSE MUSIEKVIDEO WAT ITUNES NOMMER 1 HAAL EN REEDS MEER AS 100 000 KYKE OP YOUTUBE - BRENDAN PEYPER FEITLIK OORNAG ‘N SENSASIE!

Die 18-jarige Brendan Peyper van Bloemfontein is blinknuut op die Suid-Afrikaanse musiektoneel, maar – met “Stop, wag, bly nog ‘n bietjie” se musiekvideo wat in een week met sowat 70 000 kyke op YouTube gegroei het – is dit duidelik dat dié rugbyspeler-nou-liedjieskrywer se gewildheid behoorlik vlamvat!

Hiermee saam is “Stop, wag, bly nog ‘n bietjie” ook 20ste op die iTunes wêreld-ranglys, 9de op die iTunes pop-ranglys en 1ste op die iTunes musiekvideo-ranglys – ‘n eerste vir ‘n Afrikaanse musiekvideo!

Channel24 het die volgende berig: “We just stumbled upon what might possibly be the hottest Afrikaans music video we’ve ever watched … Brendan Peyper’s video for his song Stop, Wag, Bly nog 'n bietjie is pure…well...perfection.”

Een dame het so sterk hiermee saamgestem dat sy vir Brendan sommer daar en dan gevra het om met haar te trou!

“Ek is baie bly en dankbaar vir die oorweldigende positiewe terugvoer,” sê hy, “Dit motiveer my om nog harder te werk en my album so gou as moontlik op die rakke te kry.”

En die versoek om te trou? “Ek voel werklik baie gevlei,” bloos Brendan, “Daar’s egter nog baie werk om te doen en ‘n ton deuntjies om vas te lê, so vir nou is die antwoord ‘Stop, wag, WAG nog ‘n bietjie!’”, lag hy.

Om te sien waaroor almal aan’t gons is, kyk gerus die musiekvideo van “Stop, wag, bly nog ‘n bietjie”