Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player
Javascript error before this line

 

small 4ab9b

Radio Overberg Blog

Huisgenoot Legendes van gister tot nou

HUISGENOOT LEGENDES VAN GISTER TOT NOU Ses dekades se grootste treffers!

‘Huisgenoot legendes van gister tot nou’ is ‘n keurige versameling van musiek vanaf die vyftigerjare tot na die draai van die millennium, met ‘n hele rits name wat sinoniem is met lekker luister, lekker dans en goeie herinneringe!

Die 22 vuurwarm snitte op dié album bied ‘n uistekende verskeidenheid treffers vanuit Suid-Afrikaanse bodem sowel dié wat internasionaal opslae gemaak het – van pop en rock, tot rock ‘n’ roll, country, ligte Afrikaanse musiek en lekker Afrikaanse sokkie.

‘n Sterbelaaide reeks kunstenaars van lank vervloë, en ook meer onlangse jare -soos Westlife, Bles Bridges, Shania Twain, Gé Korsten, Simon & Garfunkel, Kurt Darren, Elvis Presley, Anastacia, Bob Dylan en Carike Keuzenkamp – sal sorg vir meer as ‘n uur se pure luistergenot.

Die album sluit treffers soos ‘Flying without wings’, ‘Ruiter van die windjie’, ‘When you say nothing at all’, ‘Cecilia’, ‘Loslappie’, ‘Yes sir, I can boogie’, ‘Moon River’ en ‘Maggie’ in en beloof om baie onthou-oomblikke met woord en melodie in jou hart te laat herleef!

‘Huisgenoot legendes van gister tot nou’ is uitgenkip vir diegene wat hou van musikale diversiteit – dié wat die goue oues en vandag se ranglys-grotes ewe veel geniet!

Die album is nou landswyd beskikbaar.