Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player
Javascript error before this line

 

small 4ab9b

Radio Overberg Blog

Splinternuwe Radiodrama op Radio Overberg fm

Auntie Regina, Katankie en Ds Paulus

Sewefontein

Daar is ‘n plek van different mense, waar almal sing…kom leer ken die mense van Sewefontein, ‘n pragtige klein vissersdorpie in die Wes-Kaap. Hier gebeur sommer baie dinge. Hartseer dinge, opgewonde dinge, bly dinge. Hier is ‘n primêre en ‘n sekondêre skool, ‘n hawe en ‘n kliniek.

Interessante mense van Sewefontein is:

  • Katankie, hy is 14 jaar en ‘n bendeleier en sy pa is in die tronk.
  • Samantha, sy is 12. Sy is Katankie se meisie en is ‘n Sondagskooljuffrou en in die sekondêre skool. Sy droom om vir die ontwikkelingspan in gimnastiek gekies te word.
  • Auntie Regina is Katankie se ma. Sy is die storieverteller. Sy bak graag koeksisters en is baie lief vir Jesus.
  • Dan is daar die drieling: Kennith, Danny en Rossi. Hulle is aldrie
  • 9 jaar oud. Kennith is baie lief vir sokker en hulle is baie lief om te sing.

Geniet die storie. Hier is goeie lesse om te leer uit die lewens van die mense van Sewefontein. Leer Jesus ken.

Hierdie is ‘n produksie van Transwêreldradio.

Met dank aan Dr David Holtzhausen. Hy en sy vrou Martie het toevallig self ‘n drieling! David is voorheen hier van die Overberg,van Bredasdorp, maar boer nou voltyds en is deel van die twr-span, wat hierdie reeks van 52 episodes tot die beskikking van Radio Overberg fm gestel het.

  • Luister elke Sondagaand 18h30 op Radio Overberg 98.4FM net voor Breyani Gospel.
  • Episode 1: Sondag 22 Februarie