Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player

VANDAG SE WEER

Woensdag, 21 February 2018

CB Login

Javascript error before this line

 

small 4ab9b

Radio Overberg Omroepers

Amanda Eksteen - ABBA

 

 

Ek is Amanda Eksteen, ek bied Sondae aande die gospel program ABBA aan. My hartklop is om die evangelie van Jesus Christus met mense te deel. Ek wil die goeie nuus van Jesus Christus deel sodat mense weer hoop kan kry en dat hulle vry kan kom van dinge wat hulle bind en terughou om die lewe ten volle te geniet.

Ek is ‘n passievolle mens, baie positief, ek is ‘n ekstrovert en hou daarvan om mense te gesels en na hulle “stories” te luister. Ek hou van lekker braai en kuier saam met vriende en familie. Ek is baie lief vir kosmaak en ook om dit te eet!

My “motto” in die lewe is, leef voluit en moenie oordeel nie, jy loop nie in die skoene van iemand anders se pad nie.