Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player

VANDAG SE WEER

Dinsdag, 11 December 2018

CB Login

Javascript error before this line

 

small 4ab9b

Radio Overberg Omroepers

Fred Boshoff - Palet

 

 

Fred Boshoff

Fred Boshoff bied die program Palet aan op Sondae om 16:00 en weer om 20:00. Die program bied in die formaat van Vers en Klank die lees van gedigte en prosa  saam met klassieke musiek en musiek uit die operas. Vroeër vanjaar het hy sy 200ste program uitgesaai op Radio Overberg. Fred woon tans op Riviersonderend. Hy het drie jaar gelede afgetree as joernalis en redakteur by ‘n Pretoriase koerant en het saam met sy vrou na Riviersonderend getrek waar sy skoonouers woon. Fred het ‘n wye belangstelling in die kunste en musiek. Hy  het reeds drie digbundels gepubliseer  en werk tans aan ‘n boek oor die geskiedenis van die Overberg. Hy het ook ‘n klein uitgewersmaatskappy, Palet Uitgewers, op Riviersonderend op die been  gebring en het reeds tien boeke uitgegee.  Hy lees baie wyd en hou van klassieke musiek wat help met die opstel van sy program. Fred sê dat indien hy  vroeër geweet het hoe ‘n lekker en kragtige medium die radio is, hy  30 jaar gelede reeds by die radio sou aangesluit het.  Hy is ook lief vir sy sport en veral krieket is sy passie.