Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player

VANDAG SE WEER

Woensdag, 16 August 2017
Javascript error before this line

 

small 4ab9b

Radio Overberg Omroepers

DEON AHRENDS EN BREYANI

BREYANI

BREYANI OP RADIO OVERBERG 98.4 FM, REIK UIT NA DIE GEMEENSKAP!

Die program Breyani is bietjie meer as 3 jaar gelede op Radio Overberg 98.4 FM gebore. Vrydagaand se program van 20h00 tot 23h00, is ‘n musiek program wat die kulturele skatte van ons gemeenskap beklemtoon en waar die gemeenskap die geleentheid het om boodskappe in te stuur. Sondag aande se program van 19h00 tot 21h00 is ‘n Gospel program waar uitsluitlik bemoedigende boodskappe uitgesaai word. Net soos enige baba het Breyani eers tandjies gekry, gekruip, begin loop en nou hardloop die baba die wereld vol. Met die bekwame sjef, Deon Ahrends aan die roer van die pot gaan hierdie program van krag tot krag en het hy ‘n huishoudelike naam in die gemeenskap geword. Die sjef durf nie een aand weg te bly nie want dan is die hele Breyanidorp kwaad vir hom.

Mettertyd het daar ook ‘n groepie ondersteuners hulle rondom die sjef geskaar om hom te help met projekte wat hy graag in die gemeenskap wou aanpak. Hier praat ons nou van die uitvoerende raad van Breyanidorp by name Jerome Bieding (Burgemeester), Johan Mulder (Stadsklerk), Eksteen Lourens (Speaker), Angelique Gertse (Skropvrou), Susan Murtz (Lek’rbek), Dennis Bogenhagen (Hoofseun) , Nigel Marais (Raadslid), Lirischa Lakey (Raadslid), Deslin Temmers (Sekuriteitshoof), Joe Plaatjies (Sekuriteit) en Jerome Lakey (Brandweerhoof).

Die groep het bewus geword van die behoefte om die Safehouse op Struisbaai uit te brei en het besluit om dit te ondersteun en fondse in te samel.   Die mikpunt is om R40 000.00 in te samel en Breyani het reeds met die hulp van die gemeenskap die pragtige bedrag van R32 000 ingesamel. Hierdie fondse is ingesamel in die vorm van skenkings wat die publiek vir 2 maande elke Saterdag oggend by die raadslede voor Wimpy en Joshua Door inbetaal het. Daar was ook individue soos Aletta en Pep oppie hoek wat hul harte oopgemaak het en groot bedrae geskenk het.

Met die ondersteuning van Overberg Christian Family was ‘n baie suksesvolle Breyani Gospel show aangebied in Augustus 2013. Die sjef en die uitvoerende raad wil die gemeenskap van harte bedank vir die goeie ondersteuning. Nog projekte is alreeds in die beplannings fase en ons glo dat dit netso goed ontvang gaan word.

In die woorde van Tannie Saloma Gouws, die Bestuurder van die Safehouse en ek haal aan: “ Steen vir steen sal ons ‘n huis bou wat ‘n verskil gaan maak in kinders se lewens en elke baksteen gaan ‘n monument wees van omgee mense wat in kinders belê”.

Die visie van Breyani is om ‘n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak. Kom ons vat hande en ondersteun Breyani en Radio Overberg 98.4 FM om hierdie visie ‘n werklikheid te maak.

“Breyani is ‘n mengelmoes van ghoema en langarm musiek met ‘n lekkerste Kaapse geur wat die voete laat jiek!”

Deur Angelique Gertse